Met die oog op… Desember

 

Oorlewingskamp Okt 2014

Slegte nuus en Goeie Nuus:

Tot ons spyt sal die beoogde oorlewingskamp van 27 Julie – 4 Julie 2015 nie meer plaasvind nie. Almal van julle wat SO uitgesien het na hierdie winterkamp, skree almal saam: Aggeneeeee…!!!

Maar die kamp is nie AFgestel nie, dis slegs UITgestel. Almal van julle wat so graag wil kom kamp, maar net nie hierdie winter KON nie, skree almal saam: Hiep-Hiep-Hoereee….!!!!

En maak asb solank ‘n knoop aan die oor: Desember is DIE maand om te kom kamp. Nog net ses maandjies…

 

Winterkamp 2015! Kom kamp weer lekker saam!

Liewe leser,

Dis in elke mens ingeskape om te behoort tot eie groep en eie volk. En om te kan weet waar ons wil heen gaan, moet ons weet waar ons vandaan kom. Dis al manier om te oorleef in ʼn veranderende wêreld.

By die Volksbrandwag se oorlewings-kampe leer kampgangers om te oorleef

  • Fisies: selfverdediging, oorlewing in die veld en stad, die vind van kos en water… 
  • Geestelik: die wapenrusting van Ef 6:10-20…

Die dag as ons kampgangers huis toe gaan, verstaan hul weer die ware doel van die lewe: om ons Skepper te dien in die omgewing waarin Hy ons geplaas het.                                            Hulle weet hul mag maar trots wees op wie hul is.

Wanneer?

Vanaf  Maandag 29 Junie om 7:00 tot Saterdag 4 Julie 2015 11:00

(Kampgangers kan reeds die dag voor die kamp by die kampterrein op daag maar moet asb. ietsie saambring om daardie aand te eet en te drink. Etes en drinkgoed word eers vanaf die eerste dag van die kamp deur die Volksbrandwag verskaf. Daar sal reeds toesig wees .)

Wie?

Almal ouer as 10 en jonger as 19. (Ag wat, bring sommer die hele gesin saam!)

Wat?

Spanwerk, spoorsny, skyfskiet, selfverdediging, waarneming, kamoeflering, skuiling-bou, saamsing, vuurmaak, watermaak, nagmars, kampvuurkonsert, en tussendeur sommer net heerlik gesels oor ons interessante verlede en alles en nog wat…

Waar?

Op die Voet-Hoef-en-Hoed Kampterrein tussen Nylstroom en Vaalwater.

(Roetekaart beskikbaar op aanvraag. Saamry geleenthede kan gereël word as jy betyds bespreek en jou vervoerbehoefte aandui.)

Hoeveel?

1ste gesinslid: R550.

2de en 3de gesinslid: R 400 elk.

daaropvolgende gesinslede gratis.

Alle maaltye ingesluit. Boon-op kry jy elke jaar ‘n nuwe Werda t-hemp!!

(Te betaal voor of op die dag waarop die kamp begin, by die sekretaresse of per bank-oorplasing.)

Bankbesonderhede:

Eerste Nasionale Bank, Pta-Noord, Spaarrekening: 622 997 407 30, Tak: 260 346

(Faks oorbetalingsstrokies saam met inskrywingsvorm na: 086 522 4218 of sms na 082 324 8637. Gebruik asb u voorletters en van as verwysing op die bankbetaling.)

Nog vrae?

Bel gerus vir Christina: 082 324 8637, Carel: 081 501 6696, Tante Rencia: 087 802 0894 of Lydia: 076 453 1618

E-pos:bespreek@volksbrandwag.co.za

Kry NOU jou Inskrywingsvorm en bespreek!

 

 

Herfskamp 2015. Wat was die lekkerste deel?

Dit gaan weer ‘n lekker kamp wees!

Onthou julle nog die vorige oorlewingskamp (Lentekamp 2014)? Dit was darem maar lekker, ne 🙂

Die volgende kamp is op hande: 8-11 April 2015.

Wie kom kamp?

Dis NOU die tyd om in te skryf.

Oorlewingskamp April 2015

Liewe belangstellende,

Tye verander… en ook die inhoud van kern-begrippe. Wat beteken dit byvoorbeeld as mens praat van  ’Afrikaner’ of ‘Volk’ ? Ongemerk het die betekenis van hierdie woorde verander tot iets grensloos en grys. Maar die mens bly maar in wese dieselfde.

Dis in ons ingeskape om te behoort tot eie groep.  Om te kan weet waar ons wil heen gaan, moet ons weet waar ons vandaan kom. Dis al manier om te oorleef (fisies en geestelik) in n veranderende wêreld.

Die Volksbrandwag bied al vir meer as 10 jaar oorlewings-kampe aan. Kampgangers leer om te oorleef op fisiese vlak (bv hoe om jouself te verdediging, jou ete en drinke in n krisis te versorg of jou rigting in die veld te vind) maar ook op dieper vlak (die wapenrusting van Ef 6:10-20). 

Die dag as ons kampgangers huis toe gaan, verstaan hul weer die ware doel van die lewe: om ons Skepper te dien in die omgewing waarin Hy ons geplaas het. Hulle weet hul mag maar trots wees op wie hul is.

Wanneer?

Herfskamp:  vanaf  Woensdag 8 April om 7:00 – Saterdag 11 April 2015 11:00

( Kampgangers kan reeds die dag voor die kamp by die kampterrein op daag maar moet asb. ietsie saambring om te eet en te drink. Daar sal reeds toesig wees . Etes en drinkgoed word eers vanaf die eerste dag van die kamp deur die Volksbrandwag verskaf.)

Wie?

Almal ouer as 9 en jonger as 19. (Ag wat, bring sommer die hele gesin saam!)

Wat?

Spanwerk, spoorsny, skyfskiet, selfverdediging, waarneming, kamoeflering, skuiling-bou, saamsing, vuurmaak, watermaak, nagmars, kampvuurkonsert, en tussendeur sommer net heerlik gesels oor ons interessante verlede en alles en nog wat…

Waar?

Op die Voet-Hoef-en-Hoed Kampterrein tussen Nylstroom en Vaalwater. (Roetekaart beskikbaar op aanvraag. Saamry geleenthede kan gereël word as jy betyds bespreek en jou vervoerbehoefte aandui.)

Hoeveel?

R550-00 vir 1ste gesinslid, R400 vir die 2de en 3de gesinslid; die 4de en opvolgende gesinslede: gratis. Alle maaltye ingesluit asook jou eie WERDA t-hemp. Te betaal voor of op die dag waarop die kamp begin, by die sekretaresse of per bank-oorplasing.

Bankbesonderhede: Eerste Nasionale Bank Pretoria Noord

Spaarrekening: 622 997 407 30 Takkode: 260 346

Faks oorbetalingsstrokies saam met inskrywingsvorm na: 086 522 4218 of sms na 082 324 8637 (Gebruik asb u voorletters en van as verwysing op die bankbetaling.) E-pos:bespreek@volksbrandwag.co.za

 

Nog vrae?

Bel gerus vir Christina: 082 324 8637,  Carel: 081 501 6696  of  Tante Rencia: 087 802 0894

 

Kry NOU jou inskrywingsvorm en bespreek!