Winterkamp 2015! Kom kamp weer lekker saam!

Liewe leser,

Dis in elke mens ingeskape om te behoort tot eie groep en eie volk. En om te kan weet waar ons wil heen gaan, moet ons weet waar ons vandaan kom. Dis al manier om te oorleef in ʼn veranderende wêreld.

By die Volksbrandwag se oorlewings-kampe leer kampgangers om te oorleef

  • Fisies: selfverdediging, oorlewing in die veld en stad, die vind van kos en water… 
  • Geestelik: die wapenrusting van Ef 6:10-20…

Die dag as ons kampgangers huis toe gaan, verstaan hul weer die ware doel van die lewe: om ons Skepper te dien in die omgewing waarin Hy ons geplaas het.                                            Hulle weet hul mag maar trots wees op wie hul is.

Wanneer?

Vanaf  Maandag 29 Junie om 7:00 tot Saterdag 4 Julie 2015 11:00

(Kampgangers kan reeds die dag voor die kamp by die kampterrein op daag maar moet asb. ietsie saambring om daardie aand te eet en te drink. Etes en drinkgoed word eers vanaf die eerste dag van die kamp deur die Volksbrandwag verskaf. Daar sal reeds toesig wees .)

Wie?

Almal ouer as 10 en jonger as 19. (Ag wat, bring sommer die hele gesin saam!)

Wat?

Spanwerk, spoorsny, skyfskiet, selfverdediging, waarneming, kamoeflering, skuiling-bou, saamsing, vuurmaak, watermaak, nagmars, kampvuurkonsert, en tussendeur sommer net heerlik gesels oor ons interessante verlede en alles en nog wat…

Waar?

Op die Voet-Hoef-en-Hoed Kampterrein tussen Nylstroom en Vaalwater.

(Roetekaart beskikbaar op aanvraag. Saamry geleenthede kan gereël word as jy betyds bespreek en jou vervoerbehoefte aandui.)

Hoeveel?

1ste gesinslid: R550.

2de en 3de gesinslid: R 400 elk.

daaropvolgende gesinslede gratis.

Alle maaltye ingesluit. Boon-op kry jy elke jaar ‘n nuwe Werda t-hemp!!

(Te betaal voor of op die dag waarop die kamp begin, by die sekretaresse of per bank-oorplasing.)

Bankbesonderhede:

Eerste Nasionale Bank, Pta-Noord, Spaarrekening: 622 997 407 30, Tak: 260 346

(Faks oorbetalingsstrokies saam met inskrywingsvorm na: 086 522 4218 of sms na 082 324 8637. Gebruik asb u voorletters en van as verwysing op die bankbetaling.)

Nog vrae?

Bel gerus vir Christina: 082 324 8637, Carel: 081 501 6696, Tante Rencia: 087 802 0894 of Lydia: 076 453 1618

E-pos:bespreek@volksbrandwag.co.za

Kry NOU jou Inskrywingsvorm en bespreek!