Wie is ons?

Die Volksbrandwag is nie ‘n politieke party, -organisasie of -beweging nie. Feit is egter dat die
Afrikaner op alle terreine van die samelewing mislei, verraai, onderdruk en selfs vermoor word. Die ergste is dat hy geestelik en fisies, nie net deur sy vyande nie, maar ook deur verloopte Afrikanerleiers gestroop word van alles wat hom op alle terrein eerbaar gemaak het en as gevolg daarvan, besig is om algeheel weerloos teenoor sy vyande wat hom wil uitwis te raak.
Die Volksbrandwag is as ‘n onafhanklike beweging in die lewe geroep om strukture daar te stel wat die Afrikaner in staat sal stel om op praktiese wyse die totale aanslag teen hom af te weer.

Die Volksbrandwag is dus onder andere prakties op twee terreine besig om hierdie doelwit te bereik:1) Kampe

1.1  Reël kursusse (kampe) waar 18 jariges en ouer as offisiere vir die Volksbrandwag opgelei word en na evaluasie voorgestel word om lid van die Volksbrandwag te word, waarna vorderings sertifikate uitgereik word.1.2  Reël geskiedenis kampe waar vanaf jeugdige ouderdom die Afrikaner van sy heroïese verlede bewus gemaak word sodat hulletrots op hul herkoms en afkoms sal wees -en dit vir die hede die maatstaf te maak waarmee die toekoms van die Afrikanervolk verseker kan word.1.3  Reël oorlewingskampe waar vanaf jeugdige ouderdom die Afrikaner geleer word om in alle omstandighede te oorleef.

Op hierdie kampe word veral gespesialiseerde aandag aan die volgende gegee:i) Geestelike weerbaarheid vir kind en volwassene.ii) Fisiese weerbaarheid wat onder andere insluit selfverdediging, hantering van wapens, huisveiligheid, noodhulp, handhawing van dissipline tydens noodsituasies, oorlewing tydens noodtoestande, ook om vir onbepaalde tye in die veld te kan skuil, te kan oorleef en met beperkte middele skuilings te bou, voedsel, water, ens. te bekom. Verder sluit die opleiding ook spoorsny, vyandelike tekens, stuur van boodskappe bv. die morsekode, rigting bepaling sonder
kompas ens in. Bogenoemde en nog baie meer word gedoen om die Afrikaner en sy jeug paraat te kry om enige aanslag van watter aard ookal teen te kan staan, ook om tydens enige ramp wat hom tref, van watter aard ookal, te kan oorleef.2.) Buurt- en Gebiedsbeveiliging deur Brandwagte2.1  Die vestiging van Brandwagte oor die uithoeke van die land om Blanke gemeenskappe teen misdaad en die fisiese aanslag te beskerm. Die bestuur van die Brandwag bestaan uit ingeskrewe lede van die Volksbrandwag. Die Brandwag het ook ander ingeskrewe lede van die Volksbrandwag. Die Brandwag bring ‘n Veiligheidseenheid op die been, wat nie noodwendig bestaan uit ingeskrewe lede van die Volksbrandwag nie, maar ook uit Blankes wat die kritieke situasie waarin blankes tans verkeer besef en betroubare, verantwoordelike lede van die blanke gemeenskap is en bereid is om hulle aan die dissipline van die Brandwag te onderwerp. Die Brandwag en sy bestuur oefen gedissiplineerde beheer oor sy Veiligheidseenheid uit. Sorg vir behoorlike kartering van die gebied waarop toegangpaaie, ontvlugtings roetes ens. aangebring is. Hou ‘n behoorlike lys van inwoners met kontak nommers. Maak inwoners bewus van die Brandwag en sy Veiligheidseenheid en beklemtoon dat met die Brandwag inskakeling gebly moet word vir geval van noodsituasies. Hou inwoners ingelig oor gevaarlike gebeure en skerp hulle paraatheid op.Die Brandwag werk ten nouste saam met naburige Brandwagte, bly inskakeling met mekaar en met die Volksbrandwag se Dagbestuur om kommunikasie landswyd te verseker. Die Brandwag stel die naaste polisiekantoor se bevelvoerder van sy Veiligheidseenheid in kennis, bied sy hulp aan in die bekamping van misdaad en kry ‘n skriftelike bewys dat die SAPD daarvan kennis dra. Die Brandwag sien toe dat die Veiligheidseenheid hom nie aan onwettige optrede skuldig maak nie, maar slegs wettiglik ter beskerming en beveiliging van die Blanke gemeenskap teen enige vorm van misdadigheid optree.

Die Brandwag skep ook steungroepe wat mediese dokters, verpleërs, aptekers, proviantverskaffers, regsgeleerdes, vervoer van passasiers ens. insluit. Die Brandwag identifiseer versamelingspunte vir vlugtelinge(vroue, kinders, bejaardes, beseerdes, siekes, gestremdes ens.) waarvandaan hulle na ‘n geïdentifiseerde skuilings-, beskermings-, bewarings- en noodbehandelings gebied vervoer kan word.

Die Brandwag bied in medewerking van die Volkbrandwag se Dagbestuur van tyd tot tyd plaaslik ook paraatheidskursusse vir sy lede, ook vir dié in veiligheidseenhede wat nie noodwendig lede van die Volksbrandwag is nie aan. Brandwagte kan ook oorlewingskampe plaaslik aanbied waarop die Blanke volksgerig volgens die riglyne van die Volksbrandwag geestelik-, fisies- en wetties opgeskerp word. Na hierdie oorlewingskampe word genooi jeugdiges en volwassenes uit die Blankegemeenskap wat nie aanstoot neem teen die Afrikanervolk se tradisionele wêreld- en lewens mening nie. Kampe word ook in samewerking met die Volksbrandwag se Dagbestuur gehou.

Brandwag se Veiligheidseenheid:

Die Veiligheidseenheid se lede staan onder streng beheer en dissiplinêre bestuur van die Brandwag. Gehoorsaam bevele en opdragte van die Brandwag. Is vrywillige diensdoenende lede uit die Blanke gemeenskap. Kry geen betaling vir hulle dienste nie, maar kan deur die Brandwag, wat gelde daarvoor by die Blanke gemeenskap mag insamel vir die delging van kostes soos brandstof vir patrolliediens, flitse, batterye ens. vergoed word. Die Veiligheidseenheid se lede tree prakties en sigbaar op in die bekamping van misdaad ter beskerming en beveiliging van die Blanke gemeenskap.
Wanneer aan diens is moet diensdoenende lede voortdurend hulle bewegings en bevindings aan die Brandwag rapporteer. Die Veiligheidseenheid se lede mag hulle nie aan onwettige optrede skuldig maak nie. Ongehoorsaamheid mag nie geduld word nie en staan Veiligheidseenhede se lede onder tug maatreëls, wat ook skorsing uit die Brandwag
insluit.