
Die Volksbrandwag is nie 'n politieke party, -organisasie
of -beweging nie! Feit is egter dat die Afrikaner op alle terreine van die
samelewing mislei, verraai, onderdruk en selfs vermoor word. Die ergste is dat
hy geestelik en fisies, nie net deur sy vyande nie, maar ook deur verloopte
Afrikanerleiers gestroop word van alles wat hom op alle terreine weerbaar
gemaak het. En as gevolg daarvan, besig is om algeheel weerloos teenoor sy
vyande wat hom wil uitwis raak.
Die Volksbrandwag is as 'n onafhanklike beweging in die lewe geroep om strukture daar te stel wat die Afrikaner in staat sal stel om op praktiese wyse die totale aanslag teen hom af te weer.
Die Volksbrandwag is dus onder andere prakties op twee terreine besig om hierdie doelwit te bereik
Ouers wie se kinders ons kampe bygewoon het sê hulle kinders se selfrespek het verbeter, hulle is meer selfwerksaam en trots op hulle Afrikanerskap! Selfs skoolpunte het geweldig verbeter.
Almal ouer as 7 en jonger as 19 wat lief is vir hulle land, volk en taal en graag wil leer hoe om te oorleef in die veld is baie welkom.
Somerkamp: vanaf Maandag 5 Desember 7:00—
Saterdag 10 Desember 12:00
Die kamp vind plaas op die Voet-Hoef-en-Hoed Kampterrein tussen
Nylstroom en Vaalwater. (Roetekaart beskikbaar op aanvraag). Saamry
geleenthede kan gereel word as ons jou bespreking betyds by en jy die vervoerbehoefte
aandui.