Kampe

VBW Oorlewingskamp Herfs 2017

Gesellig om die vuurtjie....

Gesellig om die vuurtjie….

Hartlik welkom by die Volksbrandwag se HERFSKAMP 2017!

WatOorlewing elke dag: Fisies en Geestelik.

Wanneer: Maandag 10 April om 7:00 – Saterdag 15 April 2017.

(Kampgangers kan reeds die dag voor die kamp by die kampterrein op daag maar moet asb. ietsie saambring om daardie aand te eet en te drink. Etes en drinkgoed word eers vanaf die eerste dag van die kamp deur die Volksbrandwag verskaf. Daar sal reeds toesig wees .)

Wie: Die hele gesin, of enigiemand tussen 9 en 90 jaar oud.

Waar: Op die Voet-Hoef-en-Hoed kampterrein (tussen Nylstroom en Vaalwater, 2 uur se ry vanaf Pretoria). Roetekaart beskikbaar op aanvraag. Dui asb vroegtydig aan as u saamrygeleentheid soek.

HoeveelEerste gesinslid: R600.  2de en 3de gesinslede: R550 elkRes van die gesin gratis.

WatHuisveiligheid, spoorsny, selfverdediging, debat, waarneming,  misdaad-voorkoming, skyfskiet, noodhulp, die waarheid van ons volk se verlede weer afstof en bekyk sodat ons kanleef en oorleef in vandag se omstandighede…

…voeg daarby lekker eet, sing en speel by ‘n knetterende bosveldvuur, met goeie Afrikaner-geselskap en ‘n jakkals wat roep in die verte…

Bespreek asb vroegtydig, sodat dinge vlot kan verloop (sommer nou). Ons kan nie wag om ons kampgangers te ontmoet nie.

Alle maaltye ingesluit. Boon-op kry jy elke jaar ‘n nuwe Werda t-hemp!!

(Te betaal voor of op die dag waarop die kamp begin, by die sekretaresse of per bank-oorplasing.)

Bankbesonderhede:

(E-pos oorbetalingsstrokies saam met inskrywingsvorm na 

 

Gebruik asb u voorletters en van as verwysing op die bankbetaling.)

 

Kry NOU jou Inskrywingsvorm en bespreek!