Klein dingetjies, groot verskil

Volksvriende,

In die tyd wat ons nou beleef, loop soveel gesinne deur onder misdadigers, in juis die plek waar hul veilig behoort te gewees het, hul eie huise.

Dit raak al so erg dat mens nie meer dink: “Dit sal nie met ons gebeur nie”, maar: “Wanneer gaan dit met ons ook gebeur…”

So baie van ons weet nie wat om te doen wanneer dit gebeur nie. Erger nog, ons weet nie hoe om dit te voorkom nie.

Baie mense loop skietkursusse, trek na sekuriteits-oorde, of emigreer na ander lande. Dit alles kan help om die narigheid te verminder.

Maar meeste van ons het nie die lus of aanleg om wild-en-wakker soldate te word nie, ons is te lief vir ons eie land of ons eie huis om weg te trek, of dit kos heeltemal te veel. Ons wil asseblief tog net in vrede aangaan met ons lewe as opgroeiende kinders, bedrywige beroepsmense of moederlike huishennetjies.

Wat egter lewens red, is dikwels eenvoudig, en binne bereik van ons almal: dis die ‘klein’ dingetjies waaraan nie genoeg aandag gegee word nie. Oplettendheid, vooraf-beplanning, identiteits-bewussyn, vertroue op ons enigste Redder…

Op die volgende oorlewingskamp, 7-12 Des 2015, gaan ons spesifiek fokus op al hierdie “klein” dingetjies wat ‘n “groot” verskil maak.

Ouers bring julle kinders, kinders bring julle ouers 😉

Kom ons beveilig onsself, as gesin, en doen wat ons KAN doen.

DSCN6610.